Top 20 vir die week: 9 Julie 2018

Dirk van der Westhuizen is vir die derde agtereenvolgende week in die nommer 1 posisie met sy treffer “Sexy vi my”. Brendan Peyper spring na die 2de posisie toe met sy treffer “Klim jou Everest” en Elandré bly in die 3de plek vir die week met sy treffer “Honderd duisend maal”.

Die volgende sangers betree die Top20:- Appel vat die nommer 10 posisie met sy nuwe treffer “Jagter”, en Jo Black betree op nommer 16 met “Een klein klippie”, Leon Gropp met sy treffer “Bakenlig” ook ingekom op nommer 18, en Fatman kom in op die nommer 20 posisie met sy nuwe liedjie “Dorp”.

Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of van ons lys afgegaan, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
3. Elandré – “Honderd duisend maal”
4. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
5. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
6. Appel – “Boer loop deur my are”
7. Jan Blohm – “Word wakker”
8. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
9. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
10. Appel – “Jagter”
11. Almero – “Monochromie”
12. Elandré – “Die lyn”
13. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
14. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
15. Jan Bloukaas en Mariné Moffat – “Desembers”
16. Jo Black – “Een klein klippie”
17. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”
18. Leon Gropp – “Bakenlig”
19. Karen Zoid & Jannie du Toit – “Liedjie vir jou”
20. Fatman – “Dorp toe”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede). Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”

Hier is jou nommer 2 – Brendan Peyper – “Klim jou Everest”

Hier is jou nommer 3 – Elandré – “Honderd duisend maal”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Die sanger, Snotkop, is baie stout met sy musiekvideo’s, maar ek kon dit nie weerstaan om die video op te sit vir julle nie:- Snotkop – Souserig

FATMAN – Dorp Toe (tans op nommer 20)

Leon Gropp – Bakenlig (tans op nommer 18)

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment