Top 20 vir die week: 16 Julie 2018

Dirk van der Westhuizen is vir die vierde agtereenvolgende week in die nommer 1 posisie met sy treffer “Sexy vi my”. Brendan Peyper is af na die 4de posisie toe met sy treffer “Klim jou Everest” en Jay neem weer die 3de plek in met sy treffer “Lê ‘n bietjie langer”. Jan Blohm spring na die 3de posisie met sy treffer “Word wakker”.

Jo Black is terug met sy treffer “Die vrou wat ek liefhet”, en daai liedjie is in op nommer 13. Wynand Strydom was vinnig op die Top 20 met sy nuwe treffer “Gebed”. Jan Bloukaas en Mariné Moffat met hulle treffer “Desembers” is uit die Top 20 vir die week.

Ons Top 20 sangers het almal so paar plekke gespring of afwaarts gegaan op ons lys, maar wie weet hoe die Top 20 volgende week gaan lyk.

Kom ons spring weg en kyk na die stand van sake op ons Top 20 lys vir die week wat voorlê:-

1. Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”
2. Jay – “Lê ‘n bietjie langer”
3. Jan Blohm – “Word wakker”
4. Brendan Peyper – “Klim jou Everest”
5. Tarryn Lamb – “Mal oor jou”
6. Appel – “Boer loop deur my are”
7. Jo Black – “Een klein klippie”
8. Elandré – “Honderd duisend maal”
9. Appel – “Jagter”
10. Willem Botha – “Enigste man op aarde”
11. Elandré – “Die lyn”
12. Juanita du Plessis – “Dankie vir jou liefde”
13. Jo Black – “Die vrou wat ek liefhet”
14. Karen Zoid & Jannie du Toit – “Liedjie vir jou”
15. Fatman – “Dorp toe”
16. Almero – “Monochromie”
17. Wynand Strydom – “Gebed”
18. Karen Zoid – “Hoe ek voel”
19. Leon Gropp – “Bakenlig”
20. Bok van Blerk & Robbie Wessels – “Die sluise van die hemel”

En daar het julle die Top 20 van ons kant af. En soos gewoonte gee ek vir jou die gewilde musiek videos/klankgreep sommer net hier vir jou om na te kyk en na te luister. Indien jy ‘n Sanger ingedagte het wat jy dink moet op die Top 20 kom, kontak ons gerus (loer op die webtuiste vir die kontak besonderhede). Ons by SAUK Radio wil graag vir Maroela Media bedank vir hulle bydrae tot die inligting in ons berig.

Hier is jou nommer 1 – Dirk van der Westhuizen – “Sexy vir my”

Hier is jou nommer 2 – Jay – “Lê ‘n bietjie langer”

Hier is jou nommer 3 – Jan Blohm – “Word wakker”

Hier is jou bonus musiekvideo’s of klankgreepe, hoop julle geniet dit:-

Quentin Prinsloo – “Reen oor my”

Jennifer Zamudio – “Hart en Siel” (Amptelike Musiekvideo)

Hoop julle het die musiek geniet wat ek saamgestel het vir julle vir die week. Onthou ons ontmoeting vir volgende week … dieselfde tyd en op dieselfde plek.

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment