Legendariese sanger Bles Bridges sal nooit vergeet word vir sy musiek nie

Lawrence John Gabriel Bridges is op 22 Julie 1946 op Viljoensdrif gebore en het sy skoolloopbaan aan die Hoërskool Vereeniging voltooi. Sy bynaam, Bles, is deur sy Ierse oupa aan hom gegee omrede hy op vroeë ouderdom min hare gehad het.[3] In 1972 neem hy ‘n langspeelplaat saam met Minnie van Heerden op.

Die regisseur van die plaat, Corrie Mubyrgh, wat later met die sangeres Cora Marie sou trou, was van mening was dat die naam “Bles” nie byval by die publiek sou vind nie. Gevolglik is die album onder die titel Morné en Marié sing vrygestel, maar dit was egter nie ’n sukses nie.

Sy solo-debuutalbum, Onbekende Weermagman, is 10 jaar later in 1982 uitgereik. Sy beroepsloopbaan begin egter eers in 1984 met die uitreiking van sy tweede album, Bles, wat binne minder as ‘n maand goue status verwerf het (meer as 25 000 kopieë verkoop). Die album het die bekende liedjie Maggie ingesluit.

In die 1980’s het hy ‘n konsert ter ondersteuning van die AWB se Volkhulpskema gehou waartydens R10 000 ingesamel is. Hy het ook in die 1980’s kanker gehad en het na sy herstel ruim skenkings vir liefdadigheid en kankernavorsing gemaak. Sy vrou, Leonie, was sy klankingenieur en die komponis en/of skrywer van die meeste van sy liedjies, waaronder treffers soos “Maggie” en “I am the Eagle, you’re the Wind”.

Dit was sy gewoonte om ‘n paar rose tydens sy konserte aan vroulike lede van die gehoor in die voorste ry uit te deel. Leon Schuster het homself per geleentheid as ‘n Afrikaner-dame vermom, en chaos veroorsaak toe hy nie vir hom ‘n roos wou gee nie. Die episode is Schuster se trefferfliek, Oh Schucks… Dis Schuster! (1989) gebruik.

Bridges se grootste treffer was Ruiter van die Windjie, wat in 1986 vrygestel is. ‘n Hoogtepunt in sy loopbaan was op 14 en 15 November 1987, toe hy voor ‘n uitverkoopte 8000-sitplek Superbowl by Sun City opgetree het. Hy het die naweek vyf vertonings gelewer. Dit maak hom die eerste en enigste kunstenaar nog wat dit kon regkry. Hy het selfs ‘n groter skare as Frank Sinatra in 1982 getrek.

Op 24 Maart 2000 is hy in ‘n motorbotsing oorlede. Hy is op 3 April 2000 uit die NG gemeente Driehoek in Vanderbijlpark begrawe. Hy laat sy ouers (Cecil en Maria), sy vrou (Leonie), sy dogter (Sunette), sy seun (Victor) en twee kleinkinders agter.[4] Ten tyde van sy dood het Bles reeds meer as 2,6 miljoen albums (plate en CD’s) verkoop.

Loer hier onder na een van sy musiekvideo treffers:- Bles Bridges – Reik na die sterre

Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment