Die duo Twee: Sirkels Album Bekendstelling – Pretoria

Kort op die hakke van hul eerste weghol sukses album, Piekniek vir Twee, volg die kykNET Afri-Visie wenners, TWEE, se volgende album, SIRKELS.

Datum:- 17 Mei 2018

Tyd:- 19:15

Toegang:- R150 – R175

Herman en Maria se unieke en eerlike vertolking van hulle liedjies het gou gehore se harte gesteel! Luisteraars kan huil, dans, glimlag,n nostalgies wees, om die braaivleisvuur kuier of alleen met oorfone stil wees en luister. Herman noem dat hy juis weer kies om nie die stories te deel wat hom inspireer het om die liedjies te skryf nie, omdat hy wil he die luisteraar moet na aanleiding van hul eie ervaringe aanklank vind by die lirieke en universele temas.


Is jy opsoek na ‘n lekker plekkie om in te bly in Lynnwood?? kliek hier !!


Is u opsoek na goedkoop vliegtuig kaartjies of wil u graag ‘n motor huur?Besoek SKY.co.za nou!


Adres:- Atterbury Theatre, Corner Lynnwood Road and Daventry Street, Lynnwood

GPS Koordinate:- -25.766156,28.279538

Kontak:- 012 942 5951

Kaartjies beskikbaar by Computicket

Herman hou hom selfs rymkletser op een van die liedjies en skerts: ?As Ed Sheeran dit kan doen, kan hierdie gemmer mos ook! Ek sit op elke album altyd `n lukrake liedjie waarmee ek sommer net die waters toets. Ek is werklik opgewonde om die luisteraars se opinie hieroor ook te hoor.” Maria se: ?Dit is amper onmoontlik om liedjies uit te sonder op die album ? Herman het alweer getoor met sy pen!?

Herman is die primere liedjieskrywer vir TWEE, maar ons is opgewonde om aan te kondig dat Maria haar eerste liedjie bygedra het tot die album. Herman self skryf ook vir ander bekende kunstenaars wat sy unieke skryfstyl leer ken en vertrou het oor die afgelope paar jare.


SA-Radio.com
To list your event, concert or gig, contact SA-Radio.com

To receive our gig guide, Subscribe here FREE!



Enjoyed this post? Share it!

 

Leave a comment